Media Releases & News

Geennaam Verpakking van Tabakprodukte

Geennaam Verpakking van Tabakprodukte

Geennaamverpakking en grafiese waarskuwings help verminder risiko...

Geennaamverpakking en grafiese waarskuwings help verminder risiko…

English Press Release

25 April 2016: KANSA ondersteun die oproep van die Sekretariaat van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) Raamwerkkonvensie oor Tabakbeheer wat vereis dat tabakprodukte ongeïllustreerd verpak word met alleen grafiese waarskuwingstekens daarop.

Geennaam verpakking is ‘n belangrike manier om die aanvraag te verminder, dit verminder die aantreklikheid van tabakprodukte, beperk die gebruik van tabakverpakking as ‘n vorm van reklame en beperk misleidende verpakking en etikettering. En die gebruik van grafiese (geïllustreerde) pakket waarskuwings sal die ernstige implikasies van die gebruik van tabak uitbeeld.

Geennaam verpakking beperk die gebruik van logo’s, kleure, produkbemarkingsbeelde en promosie-inligting. Ander lande waar geennaam verpakking geïmplementeer is, sluit in die Verenigde Koninkryk, Noord-Ierland en Frankryk wat deur middel van wetgewing geennaam verpakking vanaf Mei 2016 implementeer. Tabakverbruik in Australië het met 13% afgeneem sedert geennaam verpakking drie jaar gelede ingestel is.

KANSA Ten Gunste van Geennaam Verpakking

Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte (HUB), sê: “Ons is bly dat die Suid-Afrikaanse regering reeds aan ‘n Konsepwetsontwerp gewerk het. Tabak is steeds een van die grootste doders in die wêreld, al is dit in die vorm van kanker of ander tabakverwante siektes. Daarom, as deel van Wêreld Geen Tabakdag op 31 Mei, verwelkom ons die standpunt wat die land besig is om in te neem teen tabakgebruik, met geennaam verpakking.”

In ‘n onlangse artikel deur prof Gerard Hastings, ‘n prominente tabakbeheer navorser van die Instituut vir Sosiale Bemarking by die Universiteit van Stirling, beweer dat: “’n Aantal studies met volwasse rokers wys geennaam verpakking vervul sy kern doelwitte – naamlik, maak dit minder aanloklik, veral onder jong volwassenes en die verhoging van die waarskuwingsopvallendheid. In ‘n deursnee opname van sigaretrokers, word geennaam verpakking geassossieer met verhoogde besinning oor die staak en stakingspogings. Daarbenewens help die afkeur van die verpakking, laer bevrediging uit rook van sigarette en motivering om op te hou a.g.v. die waarskuwings op die pakket met daaglikse gedagtes van ophou met rook.”

Ander Skadelike Tabakprodukte

Joubert voeg by, “Daar is ‘n wanpersepsie, (veral onder die jeug) dat sigarette die enigste vorm van tabagebruik is wat skadelik kan wees vir jou gesondheid en dit is nie waar nie. Sigaretrook is nie die enigste skadelike tabakgebruik nieHubbly bubbly, e-sigarette en rooklose tabak (soos snuif, pruimtabak en ‘snus’) is ook skadelik vir jou liggaam.”

Elektroniese sigarette of e-sigarette is nie ‘n veiliger opsie as rook nie. Dit kan nikotien en ander skadelike chemikalieë bevat en dit maak dit nie makliker vir mense om op te hou rook nie. Die bemarking van e-sigarette is ‘n groot bron tot kommer, veral as dit daarop gemik is om die jeug aan nikotienverslaaf te maak en die gebruik van tabak te bevorder.

‘n Hubbly bubbly / hookah roker neem eintlik ongeveer 100 trekke in ‘n enkele sessie (45 min), terwyl ‘n sigaret roker 10 trekke neem. So, om ‘n hookah te rook kan soveel nikotien afgee as om 10 sigarette te rook – omdat die water nie die gifstowwe uit filter nie.

Joubert sluit af, “Ons wil regtig hê mense moet ingeligte keuses maak wanneer dit kom by rook en tabakgebruik, asook om nie te rook in die teenwoordigheid van ander mense nie. Nie-rokers moet ook ‘n standpunt neem. As ‘n nie-roker, het jy die risiko van blootstelling aan tweedehandse rook, wat ook skadelik vir jou gesondheid is. Ons wil graag mense aanmoedig om eerder die gewoonte te los en te baat by die voordele van ‘n gesonder leefstyl en om hul risiko van kanker te verminder. Sluit aan by ons KANSA Kick Butt program op www.ekickbutt.co.za

« BACK


Do you have a question?