CANSA's Tough Living with Cancer (TLC) Programme

Geen Kind of Gesin behoort Kanker Alleen in die Gesig te Staar nie

Geen Kind of Gesin behoort Kanker Alleen in die Gesig te Staar nie

English Press Release

1 September 2016 – KANSA beklemtoon gedurende September die belangrikheid daarvan om die publiek bewus te maak van kinderkankers. Kanker is relatief skaars in kinders – ongeveer 2% van kankerpasiënte wêreldwyd is kinders – maar dit is belangrik om kennis te dra van die waarskuwingstekens van kanker by kinders.

Na raming word die helfte van alle kinders met kanker in Suid-Afrika nooit gediagnoseer nie. Die algemene simptome van kinderkanker is dieselfde as ander kindersiektes, maar as een of meer van die simptome voortduur, moet mediese hulp sonder versuim verkry word.

Die mees algemene kankers onder kinders is leukemie, limfoom, breingewasse, sarkoom of kwaadaardige gewasse, Wilms-gewas, retinoblastoom en kiemsel-gewasse. Leukemie is die mees algemene kanker onder kinders – meer as 25% in Suid Afrika en breingewasse – 13.44%.

Wenke vir Vermindering van Kanker in Kinders en Jeugdiges

Bevordering van Voorkoming:

  • Voltooiing van die twee dosisse menslike papilloomvirus (HPV) entstof soos nasionaal verskaf in skole deur die Departement van Gesondheid in samewerking met die Departement van Basiese Onderwys om die risiko van servikale kanker te verminder.
  • Volg ‘n gesonde en goed gebalanseerde dieet.
  • Maak seker jy doen genoeg fisiese oefening.

Vermindering van Skadelike Blootstelling:

Bewustheid, Onderrig en Vroeë Diagnose

Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering sê “Geen kind of gesin behoort kanker alleen in die gesig te staar en dit alleen te probeer hanteer nie. KANSA beskik oor ‘n “Tough Living with Cancer” (TLC) Program wat op bewusmaking van kinderkankers en vroeë opsporing, sowel as die verskaffing van tasbare liefde, versorging en ondersteuning aan kinders en hul gesinne wat deur kanker geraak word fokus. Kinders en tieners wat met kanker gediagnoseer is of deur kanker geraak word (‘n familielid wat kanker het) moet en sal ondersteun word.”

Hoe KANSA kan Help

KANSA beskik tans oor vyf KANSA TLC fasiliteite vir kinders, tieners en hul gesinne wat deur kanker geraak word. Hierdie fasiliteite bied verblyf aan moeders, voogde en versorgers en is gebaseer in Pretoria, Polokwane, Port Elizabeth, Kimberley en Durban.

“Ons glo aan ‘n holistiese benadering wat alle aspekte soos fisiese, geestelike, sielkundige en maatskaplike welsyn insluit. Ons verskaf inligting aan mense en maak hulle meer bewus van kanker tydens die kinderjare en die vroeë opsporing van kanker. KANSA TLC bied ook die volgende aan kinders en jeugdiges wat met kanker gediagnoseer is:
ondersteuningsgroepe, prostetiese hulpmiddels, programme wat die ontwikkeling van vaardighede bevorder en opvoedkundige skoolprogramme,” voeg Strauss by.

In September 2015 het KANSA die deure van KANSA TLC Brian Davey Step Down Eenheid by die KANSA TLC Nicus Tehuis oopgemaak. Hierdie eenheid is daar vir die gebruik van die Steve Biko, Unitas en Pretoria Oos hospitale en verskaf ‘n steriele, maar familievriendelike omgewing waar kinders veilig voorberei kan word vir, of kan herstel van stamsel-oorplantings en waar hulle immuunstelsel sonder die risiko van infeksie opgebou kan word.

Strauss voeg by: “Ons weet hoe moeilik die diagnose van kanker vir ‘n gesin kan wees – veral as dit ‘n kind is wat gediagnoseer word. Om hierdie rede probeer ons die gesin na die beste van ons vermoë bystaan en ons kan dit doen deur ons KANSA TLC-programme. Ons moedig alle gesinne of families wat kinders het wat met kanker gediagnoseer is, aan om kontak te maak met ons KANSA Sorgsentrums om uit te vind hoe ons jou en jou gesin kan help. ”

Ouers van kinders wat met kanker gediagnoseer is, word genooi om by ons TLC Facebook Ondersteuningsgroep aan te sluit.

Navorsing oor Kinderkanker

KANSA verskaf ook bystand deur middel van programme oor navorsing en ondersteun tans twee navorsingsprojekte oor kinderkanker.

Breingewasse is die tweede mees algemene kanker onder kinders, maar min inligting is bekend oor die gewasse. Selfs in goed toegeruste instellings is breingewasse verantwoordelik vir kanker-verwante sterftes onder kinders. In Suid-Afrika in besonder is feitlik geen inligting oor kinders met breingewasse beskikbaar nie. Professor Figaiji van die Instituut vir Kindergesondheid by die Rooikruis Kinderhospitaal lei ‘n studie wat deur KANSA befonds word. Die studie word gedoen om wesenlike epidemiologiese en kliniese inligting te genereer om hierdie gebrekkige en verwaarloosde studieveld op te gradeer en om ‘n platform te skep vir verdere navorsing oor pediatriese breingewasse in Suid-Afrika deur middel van die ontwikkeling van ‘n biobank van monsters van kankers vir toekomstige navorsing. Lees verder…

Hodgkin se Limfoom (HL) bestaan uit sowat 5% van alle kanker tydens die kinderjare en het die hoogste syfer van genesing in goed toegeruste instellings wat gerapporteer is – 80-90%. Daar bestaan egter geen gepubliseerde navorsing oor die getalle van genesings van kinders met HL in Suid-Afrika nie. Dr Jennifer Geel van die Universiteit van die Witwatersrand, Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal lei ‘n studie wat ook deur KANSA befonds word. Die doel van die studie is om die oorlewing van Suid-Afrikaanse kinders met HL te bepaal en om die data te vergelyk met soortgelyke navorsing oor statistieke van oorlewing. Dit is die eerste studie van sy soort in Suid-Afrika en sal data van elke pediatriese onkologie-eenheid in Suid-Afrika analiseer. Lees verder…

« BACK


Do you have a question?