CANSA Active

Fietsrytoer van Carletonville tot Kaapstad vir KANSA

Fietsrytoer van Carletonville tot Kaapstad vir KANSA

English Press Release

19 Januarie 2017: Gedurende die eerste kwartaal (3 maande) van 2017 gaan die land sien hoe 14 fietsryers deelneem aan die Carletonville tot Kaapstad fietsrytoer om fondse in te samel en om bewustheid te skep vir KANSA tydens die herdenking van die Vereniging se 85ste herdenkingsjaar.

Carletonville tot CPT Fietstoer Span

“Vir hierdie fietsryers gaan dit oor baie meer as net nog ‘n fietsrywedren,” sê Lucy Balona, KANSA se Hoof van Bemarking en Kommunikasie. “Byna sonder uitsondering is elke fietsryer wat gaan deelneem se lewe op die een of ander manier geraak deur kanker. Vir die fietsryers is die deelname aan die wedren ‘n manier om ‘n verskil te maak vir kankeroorwinnaars deur nie net geld vir KANSA in te samel nie, maar ook om bewustheid te verskerp van maniere oor hoe om die risiko van kanker te verlaag en om ondersteuning aan kankeroorwinnaars te betoon.”

Balona, wat ook self gaan deelneem, sê dit is hierdie soort passie en deelname wat KANSA gaan aanmoedig om Wêreld Kankerdag op Saterdag 4 Februarie 2017 onvergeetlik te maak. “Die tema van die drie jaar lange Wêreld Kankerdag-veldtog is ‘Ons Kan, Ek Kan’. Die tema kyk na maniere hoe elke persoon – individueel of as ‘n spanlid – kan help om die impak van kanker op indiwidue, gesinne en gemeenskappe te verminder.”

Fietsrytoer oor 1 500 kilometers: 25 Februarie tot 8 Maart 2017

Kankeroorwinnaars gaan die motivering wees vir die span van fietsryers wat amper 1 500 kilometers op die saal van hulle fietse gaan deurbring gedurende die 12 dae van die toer. Organiseerder Navarre Kruger, wat in Carletonville woon, sê die span, wat geborg word deur die spanlede self, het sover amper R200 000 deur middel van borgskappe en donasies ingesamel.

“Ons het nog ‘n kort rukkie om te gaan en ons is vol selfvertroue dat ons die teiken wat ons as spanlede self bepaal het, sal haal en moontlik ook sal klop,” sê hy. Die geld wat die span gaan insamel word alles geskenk aan KANSA se sorg- en ondersteuningdienste, wat die KANSA Sorg Sentrum in Carletonville insluit.

Die span, twee voertuie wat die spanlede gaan ondersteun en geborg word deur Tempest Car Hire en die span mense wat die fietsryers gaan ondersteun, sal Carletonville op 25 Februarie verlaat en Kaapstad op 8 Maart bereik. Na ‘n paar rusdae sal die span Kaapstad weer op 12 Maart verlaat om die terugtog na Carletonville aan te pak.

Laai PDF af om roete en meer inligting oor fietsryers te bekom…

Die span fietsryers het alles gegee om fiks genoeg vir die toer te wees. Hulle het weeklikse spinklasse bygewoon en oor naweke aan sosiale byeenkomste deelgeneem. Sommige van die fietsryers het tot op datum van die volgende fietstoere voltooi: Die Telkom 947 Cycle challenge, PPA Mangaung Fietsrytoer, Amashova Durban Classic Race, BestMed Satellite Classic sowel as die Springbok Plant Hire Wind Down Challenge.

Borge wat tot op datum gaan saamspan om die toer te borg, is: South32, Life Occupational Health Services, KWS, Kuvula Trade, Actom, ABB, Ergomax, Amayez en QMuzik.

Aanlyn Donasies

Navrae

Vir meer inligting oor die toer en hoe om die toer te ondersteun, kontak vir Balona en Kruger by 076 620 6785 of stuur ‘n epos aan info@cansa.org.za


« BACK


Do you have a question?