Media Releases & News

Skin Cancer Common Afri post

Dit is Baie warm, So Wees SonSlim

English Press Release

25 November 2015: Vanjaar sal die warmste jaar wees wat nog ooit op die planeet deur mense gemeet is. Dit is die waarskuwing van Dr Francois Engelbrecht Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR). Noudat soveel mense vanjaar se warmste somer ooit gaan beleef, herinner KANSA almal om SonSlim te wees omdat velkanker nog steeds een van die mees algemene kankers is.

Wat Jy Moet doen om Veilig in die Son te Kan Speel…

Arlene Pullin

Arlene Pullin

Dit is so belangrik om te weet hoe gevaarlik blootstelling aan die son is en ook hoe om die risiko van velkanker te verminder. Velkanker is die resultaat van skade aan die vel se selle wat in die onderste deel van die epidermis (die boonste laag van die vel) begin. Ten minste 80% van sonskade aan die vel begin voor die ouderdom van 18 jaar en manifesteer eers later in ‘n persoon se lewe.

Arlene Pullin (56), ‘n velkankeroorwinnaar sê: “Op die ouderdom van 52 is ek met ‘n melanoom agter op my nek gediagnoseer nadat ek aangeraai is om aandag daaraan te gee. Twaalf jaar later is ek gediagnoseer met limfkanker – dit het toe al versprei na die limfkliere in my nek en onder my arms. Gedurende die afgelope 31 jaar het ek vier keer voorvalle van kanker wat teruggekeer het beleef. Ek het elke keer die stryd teen kanker oorwin. My lewe bestaan uit ‘n konstante siklus van monitering en ek laat myself gereeld ondersoek, veral as ek sien en weet iets is verkeerd. Een van die effekte van oksel-limfklierverwydering (verwydering van onderarm kliere tydens sjirurgie) is dat ek weet ek saam leef met limfedeem in beide my arms en dit is ‘n konstante herinnering van hoe gevaarlik en selfs dodelik die son kan wees.”

Verminder die Risiko

Die goeie nuus is dat die risiko van velkanker verminder kan word deur die son te respekteer omdat ons weet hoeveel skade die son kan aanrig.

‘n Paar Wenke:

  • Vermy direkte sonlig tussen 10 vm en 3 nm. Bly in die koelte of gebruik ‘n sambreel so veel as moontlik.
  • Dra beskermende klere: hoede met wye rande wat jou gesig en nek kan beskerm en UV-beskermende klere en swemklere
  • Dra ‘n sonbril met ‘n UV beskermende faktor van minstens UV400
  • Wend gereeld sonskerm aan jou vel (SPF van 20 – 50, volgens veltipe) en maak seker jou sonskerm is gemaak vir jou tipe vel. Enigeen, ongeag van ras, ouderdom of geslag, kan velkanker kry. Mense met ‘n ligte velkleur staan ‘n groter kans om met velkanker gediagnoseer te word, maar mense met ‘n donkerder velkleur kan ook velkanker kry
  • Vermy sonbeddens en sonlampe
  • Merk-die-merk (“Spot-the-spot”) – ondersoek jou vel deeglik en versigtig elke maand (volg A, B, C, D, E- reëls)

Sifting

KANSA beskik oor vyf moesie-kartering dermoskoop toestelle wat FotoFinder genoem word. ‘n FotoFinder help met die ondersoek van ‘n moesie en help om die risiko van velkanker te verminder. Elke kliënt met verdagte velbeskadiging word verwys om ‘n intensiewe velondersoek te ondergaan. Ondersoeke is beskikbaar by sekere KANSA SorgSentra.

Persone met albinisme is die kwesbaarste vir beskadiging deur ultraviolet bestraling. KANSA se pleidooi het vrugte afgewerp en gehelp om te verseker dat die regering nou ‘n voorraad van sonskerm beskikbaar gestel het aan mense met albinisme. Die sonskerm is deur KANSA goedgekeur en spog met die KANSA Seël van Erkenning. Die sonskerm word aan pasiënte van staatshospitale beskikbaar gestel. Lees meer…

Leer die Terme Ken:

Dit is belangrik vir jou om jou veltoestand te ken, maar dis net so belangrik om te weet waarvoor terme soos SPF, UV, UPF en Merk-die-merk staan – veral as jy ernstig is om jou vel teen die skadelike strale van die son te beskerm.

  • SPF staan vir Sun Protection Factor of Sonbeskermingsfaktor en dit kom gewoonlik duidelik voor op die houer waarin jou sonskerm is. Dit dien as ‘n gradering van hoe goed die middel jou vel teen gevaarlike UV strale sal beskerm. Dit is ook ‘n aanduiding van hoe lank jy in die son kan wees voordat die son jou vel kan beskadig en jy sonbrand kan opdoen. So kan jy ‘n vergelyking tref van die hoeveelheid tyd wat jy beskerming kan geniet as jy die middel gebruik en dit vergelyk met die skade wat die son kan aanrig as jy sonder die sonskerm in die son is. KANSA moedig mense aan om ‘n sonskerm van SPF 20-50 (afhangende van jou veltipe) te gebruik.
  • UV verwys na ultraviolet lig wat deur die son uitgestraal word. UV-strale beskadig en ontwrig die selle van jou vel. Dit veroorsaak sonbrand en kan tot velkanker lei.
  • UPF is soortgelyk aan die SPF gradering-spesifikasie van jou sonskerm, maar UPF kom gewoonlik op klerasie voor. Dit is ‘n aanduiding dat die “Ultraviolet Protection Factor”/Ultra Beskermingsfaktor” van klerasie, sonbrille en hoede wat jou vel teen gevaarlike UV strale beskerm.
  • Merk-die-merk is ‘n term wat gebruik word om jou aan te moedig om jou vel gereeld self te ondersoek. Dit is belangrik om tred te hou met enige merke, moesies, vlekke en kolle en om enige veranderinge aan te teken. Maak seker jy volg die ABCDE reëls wanneer jy hierdie selfondersoeke doen.

« BACK


Do you have a question?