Upington: Kalahari Kuierfees word Pienk (23 - 25 September 2010)

2010-03-26 CANSA > Offices > Free State & Northern Cape

$headline

Upington se "Kalahari Kuierfees", 23-25 September 2010, sê saam met KANSA Upington/ Kalahari die stryd teen borskanker aan. 

1 uit 28 mense word tans met borskanker gediagnoseer.  Oktober is nasionale borskankermaand, maar die Kalahari Kuierfees gaan KANSA die geleentheid gee om tydens die Kuierfees bewuswording teen borskanker te doen.  Daarom is vanjaar se amptelike Kuierfees T-hemp pienk en selfs Graatjie, die meerkat van die Kuierfees, dra ‘n pienk onderbaadjie en strikdas.

Foto regs bo: Hier is die voorsitter van die Kalahari-Kuierfees, Danie Bruwer en Christa Stadler, Streekbestuurder van KANSA, Upington/Kalaharistreek, saam met Graatjie!

KANSA beplan om tydens die Fees ‘n “survivors” geselligheid aan te bied, gratis borsondersoeke te doen en die “120km damesstap teen kanker” gaan tydens die Fees vanaf die Feesterrein wegspring.

Kalahari Kuierfees Klik hier om die Kalahari Kuierfees webblad te besoek:

Navrae KANSA Upington/Kalahari:

Christa Stadler
Tel: 054-332 4937
Epos: cstadler@cansa.org.za

Published in: CANSA > Offices > Free State & Northern Cape


  • facebook
  • twitter
  • You Tube
  • Shavathon
  • CANSA Relay for Life
  • Cuppa for CANSA
  • Sanlam Cancer Golf Challenge
  • Movember
The National Lottery