CANSA Malmesbury Care Centre

Bewusmaking Vrouegesondheid – Leipoldtville

Bewusmaking Vrouegesondheid – Leipoldtville

VrouegesondheidsdagOp 14 Augustus 2014 is ‘n gesondheidsdag in Leipoldtville gehou om die gemeenskap te bemagtig met informasie rakende vrouegesondheid.

Die vroue het om 19:00 die aand bymekaar gekom, mooi uitgevat en getooi , elkeen met ‘n hoed op.

Sprekers wat opgetree het, het almal oor vrouegesondheid gepraat en van die gemeenskapsvroue het sangitems gelewer, wat elkeen baie geniet het en hul hul vrouwees laat vier het.

Ons KANSA Gemeenskap Mobiliseerder het die vroue toegespreek oor vroeë opsporing van borskanker en die voorkoming van servikale kanker.

Daar was ongeveer 75 vroue teenwoordig wat met groot aandag al die inligting ingeneem het. Pamflette is beskikbaar gestel wat die inligting later kon bevestig.

Na ‘n heerlike tee en versnaperings het hul die byeenkoms verlaat, bemagtig en met die wete dat ‘n papsmeer ‘n lewe kan red, en dat hul hul borste moet self-ondersoek om vroeë opsporing te kan doen.

Navrae KANSA

Lees meer oor vrouegesondheid en hoe om jou kankerrisiko te verminder…

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?