Fundraising Events & Projects

Beste Voetjie Voor – Ondersteun Tekkie Tax Dag & dié wat deur Kanker Geraak Word

Beste Voetjie Voor – Ondersteun Tekkie Tax Dag & dié wat deur Kanker Geraak Word

English Press Release

14 Mei 2015 – Dit is weer daai tyd van die tyd jaar en KANSA nooi jou uit om jou hoë hakskoene, skoolskoene, stewels of sandale uit te trek sodat jy jou gunsteling paar tekkies kan aantrek vir ‘n goeie doel. Op Vrydag 29 Mei gaan Suid-Afrikaners landswyd tekkies dra om die jaarlikse Tekkie Tax Dag te ondersteun.

Tekkie Tax bied aan jou die keuse van watter sektor jy wil ondersteun: Diere, Basiese Gesinsorg, Dienslewering aan Gestremdes, Kinders en Onderwys. KANSA staan onder die sambreel van Onderwys vir doeleindes van hierdie projek.

Elize Joubert, KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte sê: “Onderwys is een van Suid-Afrika se grootste uitdagings en tensy ons hierdie stryd wen, sal baie ander probleme ons bybly. Tekkie Tax se strewe is om onderwys en onderrig te voorsien aan volwassenes en kinders om almal in ons land te bemagtig om ‘n suksesvolle en volhoubare toekoms te verseker. Ons opvoedkundige programme wat by KANSA se Sorgsentrums landwyd aangebied word, is daarop gemik om almal bewus te maak van die simptome kan kanker, om mense in te lig oor die noodsaaklikheid van gereelde siftingstoetse en om inligting te verskaf oor hoe mense hul risiko van kanker kan verlaag. As jy hierdie jaar ‘n Onderwys-plakker van R10 vir Tekkie Tax Dag koop, sal dit KANSA help om die groter doel te bereik.”

KANSA moedig een en almal in Suid-Afrika aan om hierdie waardevolle en groot inisiatief te ondersteun. Koop jou Onderwys-plakker by jou plaaslike KANSA Sorgsentrum of aanlyn vir ‘n donasie van R10 elk. Jy kan ook ‘n paar ‘funky’ skoenveters (ook bekend as ‘Tekkie Tags’) sowel as ‘n plakker vir ‘n donasie van R30 koop.

Die Tekkie Tax veldtog word onderskryf deur 16 van die grootste en mees betroubare nasionale nie-winsgewende organisasies in die land, wat 1500 plaaslike organisasies insluit. KANSA is een van die organisasies.

Maak seker jy is aan boord en wys die wêreld dat jy jou ‘Tekkie Tax’ betaal het tot voordeel van KANSA – lees verder…

« BACK


Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.


Do you have a question?